Laai ons APP af vir nog vele meer GRATIS VIDEO'S soos hierdie lekker handewas liedjie spesiaal vir elke tjommie, Mamma en liefste juffrou
Onder die wye wêreld se Covid-19 vrese vir die onbekende “nuwe normaal” nagmerries waarmee die kleinspan in hulle droomwêreld worstel, het ons dit goed gedink om die video “Corona en die Tjominis” gratis beskikbaar te maak. Mag ons hierdeur die kleinspan leer om nie te lewe in vrees, maar dat God altyd by elkeen van ons sal wees.
Kontak ons gerus via whatsapp hieronder of epos by [email protected]
"Ek staan nou maar in die begin skoene van die Tjominis, hoewel hulle al 5 jaar lank in die kreatiewe kamers van my binneste bly. Dankie dat jy bereid is om saam met my te begin stap op n pad wat vir ons kinders iets kan bied om staande te bly, tsv alles wat rondom hulle val." Sorina
Die Tjominis is aktrise & sangeres Sorina se projek vir kinders waaraan sy al amper 5 jaar werk. Toe haar Braambossie 1 jaar oud was (nou 6), het sy die behoefte gehad om vir die kleinspan Afrikaanse vermaak te skep wat terselfdetyd opvoedkundig en lekker is, iets wat sy as Ma gevoel het, n tekort van is en in vandag se tyd steeds is.
Maar voltyds Ma-wees én onafhanklik in jou eie beroep staan, het egter daardie droom se realiteit onbepaald verleng. In Geloof is God se tyd altyd perfek en was dit juis in die einste gedwonge lockdown omstandighede en verlies aan inkomste, dat sy opnuut weer daardie Tjomini droom vlerke gegee het met musiek en vermaak wat die kindertjies sommer baie sal geniet. Veral met n vierjarige dogtertjie wat speel-speel van alles in die lewe wil leer
Sorina se eie twee klein kindertjies het al die liedjies en stories "geluister en getoets" en helaas die "go-ahead" gegee vir die Tjominis om af te skop
Die Tjominis het sopas die internet getref en het in volle vaart begin, juis om goeie vermaak te bied in n grendeltyd waar klein kindertjies nodig het om op n lekker en speelse manier geleer te word. Ons het spesiaal n APP geskep om dit maklik te maak vir elke moderne Mamma
DRUK DIE GROEN KNOPPIE om die APP af te laai, Mamma!Ons kan nie wag om al die wonderlike avonture met elke klein tjommie te deel nie. Daarom wil ons jou eerste laat weet sodra die Tjominis se lekker lawwe manewales gaan begin.