Meer oor

DIERE MANIERE 

vertoning

19 Junie 9am & 11am

26 Junie 9am & 11am

 

Onthou dat al ons Dieremaniere vertonings ‘n 9am én 11am tydgleuf het.

Tjominis is terug met ’n splinternuwe vertoning vol pure plaas. Dit is hier in die natuur waar ons kuier in ons nuwe plaasavontuur.

Weet jy hoe maak ’n bees? Wat noem ’n mens ’n donkie se kleintjie? Hoekom kraai en lawaai die hoenderhaan? Laat die Tjominis jou dan al singend en spelend vertel van al die diertjies se unieke maniertjies.

Kom leer saam Cheeka-Cheeka van Hoendertjie Poendertjies se kekkelende gekloek.

Laat Apertjoe vir jou wys waar kom die melk en kaas vandaan wat jy by jou huis het.

Krokkija nooi jou om saam te kom sing, want die hiehô-hôhie donkie is ’n wonderlike ding.

En kom leer wat Bushaka alles weet van oink-oink otjies wat net alles wil eet.

Bietjie feite, bietjie liedjies en baie plaasgeraasgeluide.

Besprekings vir 19Junie 9am vertoning
Besprekings vir 19Junie 11am vertoning