'n Verskeidenheid vermaak vir die kleinspan
CD & DVD beskikbaar
Koop CD / DVD HIERTjominis gratis APP vir elke moderne Mamma
Tjomini Tunes
Waar ons Tjommies speel-speel leer om sing-sing superslim te word. Want hier gaan ons sing terwyl ons speel. En op 'n lekker lawwe manier, baie lewenslessies leer

Bid Buddies
Mag God elke Tjommie seen, want vir ons is Hy altyd nommer Een. Daarom is daar 'n dagstukkie om elke dag, meer te leer van Sy Liefde en Groot Almag.

Diere Maniere
Die Tjominis leer jou sing-sing meer van al die diertjies se maniertjies en goggas se grillerige geite & feite

Oumsie Kedoumsie se Storietjies
Stories vat jou terug na eendag, lank lank gelede en laat jou voel dat 'n "happily ever after" tog vir elkeen beskore is, van die padda tot die prins. Stories gee n grootmens weer die geleentheid om 'n kaalvoetkind te wees en dit maak van 'n gewone huppelkind 'n magiese prinses. Want helaas, hoe jou hart na 'n eenvoudige storie kyk, is hoe die waarde en waarheid van so 'n storietjie lyk.
