Tjominis Edutainment Pty Ltd & die beskerming van persoonlike inligting

Deur hierdie webwerf www.tjominis.co.za te besoek, erken u hiermee dat u die Vrywaring van Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI) gelees het en/of bewus is van daardie betrokke wet se inhoud en dat u dit aanvaar.

Tjominis Edutainment Pty Ltd sal te alle tye, alle redelike maatreëls tref om die persoonlike inligting van gebruikers te beskerm en vir die doel van hierdie vrywaring word ‘persoonlike inligting’ omskryf soos uiteengesit in die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000 (‘PAIA’) en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 (“POPI”).

Die PAIA– en POPI-wette is aanlyn beskikbaar by www.gov.za/dcuments/acts

Tjominis Edutainment Pty Ltd versamel, stoor en gebruik slegs die gebruiker se inligting hoofsaaklik vir die volgende doeleindes:

  • Om aktiwiteite te kommunikeer wat van toepassing is op die handelsmerk produk Tjominis 
  • Om nie-persoonlike statistiese inligting oor bladkyke en kliekpatrone saam te stel.

Wanneer u www.tjominis.co.za gebruik, ’n vorm invul, ons elektronies kontak of een van die dienste of fasiliteite wat ons bied, gebruik, sal ons u persoonlike inligting versamel en gebruik soos hierbo uiteengesit