"Bekende kunstenaar is die stigter van die singende en springende kreatiewe karaktertjies"

Geskep deur 'n Mamma vir ander Mammas en geinspireer deur 'n krulkopkind en klein karnallie om die kleinspan te laat spring-bollemakiesie-spring terwyl hulle sing-sing leer

* * * 

Die Tjominis is aktrise & sangeres Sorina se projek vir kinders waaraan sy al amper 8 jaar werk. Toe haar Braambossie 1 jaar oud was (nou amper 9), het sy die behoefte gehad om vir die kleinspan Afrikaanse vermaak te skep wat terselfdetyd opvoedkundig en lekker is, iets wat sy as Ma gevoel het, n tekort van is en in vandag se tyd steeds is. 

Maar voltyds Ma-wees én onafhanklik in jou eie beroep staan, het egter daardie droom se realiteit onbepaald verleng. In Geloof is God se tyd altyd perfek en was dit in die gedwonge lockdown tyd en verlies aan inkomste, dat sy opnuut weer daardie Tjomini droom vlerke gegee het.

Sorina se eie twee kaalvoetkinders het saam geskep en geskryf aan die Tjominis se inhoud, hulle het al die liedjies en stories "geluister en getoets" en helaas die "go-ahead" gegee vir die Tjominis om af te skop

"Dankie dat jy bereid is om saam met my te begin stap op n pad wat vir ons kinders iets kan bied om staande te bly, tsv alles wat rondom hulle val." Sorina

 

Bespreek Sorina & haar Tjominis HIER vir jou vrolike fees, funksie of fondsinsameling